Perdry Fasiliteite

South Africa's Top Sites Web hosting from R250 per year, Less than R21/month
Stalle

Stalle

Op die oomblik het ek 4 huur stalle en 1 stal vir my eie perd. Ek wil nie graag meer as 5 perde op die grond toelaat nie. Die groote van elke stal is 3m x4m.

Stoorkamer

Stoorkamer

Elke perd se eienaar kry vloerspasie in die stoorkamer om hul perd se voer, saals, ens. te bêre. Daar is 'n saalrak vir elke perd beskikbaar. Die stoorkamer word beskerm deur 'n klein draagbare alarm.

Sirkel kamp

Sirkel kamp

17m Deursnee

Arena

Arena

Standaard groote arena

Spring laan

Daar is 'n laan tussen die arena en 'n heining wat gebruik kan word vir spring.

Perdry les

Perdry lesse

  • Ek bied perdry lesse (Natural Horsemanship) vir beginners aan.
  • Slegs persone agt jaar en ouer.
  • R40 per les (Ongeveer 45min).
  • Persone kry persoonlike aandag met een tot een onderrig.
  • Meer Inligting

Prys lys

Huurstalkoste R400 per maand
Volle huur van perd R600 per maand
Perdry Lesse R40 per les (Ongeveer 45 minute)

Ander dienste

Huurstal huurders kry hul eie @aalwyne.co.za epos adres gratis.

Huurstal eienaars kan op die internet rond swerf vir R10 per uur.

Indien u nuut is in die wereld van perde en u wil graag u eie perd koop, maar weet nie waar om te begin nie, dan het ek net die regte ding vir u.

Ek sal u help om 'n geskikte perd te vind. Ek sal die perd koop en u kan die perd by my huur met die opsie om hom te koop. Aangesien ek self die perd sal koop, sal ek kyk vir waarde vir geld. U kan dus verseker wees dat u ook goeie waarde vir u geld sal kry, wanneer u die perd by my koop. Indien u egter nie van die perd hou nie, kan u bloot die huur staak en u hoef nie die perd meer te koop nie, sonder enige vrae.