Perdry Lesse

South Africa's Top Sites Web hosting from R250 per year, Less than R21/month

Ek het 'n baie anders as die gewone benadering tot die rykuns en leer my studente wat bekend staan as "Natural Horsemanship" wat 'n goeie fondasie bied vir alle ander dissiplines. Sien ook my ander webblad oor Natural Horsemanship vir meer inligting.

U sal vind dat ek redelik goedkoop (R60) vra per les teenoor ander instrukteurs (Tot so veel as R200 per les). Die rede hiervoor is omdat ek nie die Engelse ry steil en goed soos dressage en spring beoefen nie. Maar selfs as u wel daardie rigting met u perd wil in slaan, kan ek 'n goeie fondasie vir u gee om verder op te bou. Ek sal u leer hoe 'n perd se kop werk en waarom 'n perd doen wat hy doen en u sal die kennis later kan gebruik, ongeag watse dissipline u inslaan. Kyk bietjie na hierdie video en as u graag u perd sal wil ry soos ek vir Frosty hier ry, dan sal ek u kan help daarmee.



Ek kan u ook help om u perd toertjies te leer. Hierdie video wys 'n perd wat ek geleer het om meer as 20 verskillende toertjies te doen. Aan die einde van die video ry ek hom ook sonder teuels.

Ek beveel aan dat 'n kind ten minste 10 jaar oud moet wees voor hy/sy begin perd ry. Jonger kinders het nie die nodige spier beheer om effektief te kan ry nie. Die resultaat is dat hulle slegte gewoontes aanleer wat baie moeilik is om weer af te leer. Hulle kan selfs 'n haat vir perdry ontwikkel, aangesien dit fisies onmoontlik is om te doen wat nodig is. Dit is dan hoekom ek 'n ouderdom beperking van 8 jaar het, maar ek sê weer ek beveel 10 jaar of selfs ouer aan.